Uiteindelik,
“Kom uit die gat uit!” ‘n Volledige 7 stap-sisteem om minder vasgevang te wees en ‘n beter lewe te kan lei!
Sê vir my of hierdie bekend klink:
As dit soos jy klink, is jy op die regte plek! Ek het ‘n kursus wat jou sal help!
Ja, asseblief! Help my om uit die gat uit te kom!
Ek weet hoe dit voel om vasgevang te wees. Om hopeloos te voel, om nie in staat wees om die dinge te doen wat ek nodig het om te doen nie. Ek weet hoe dit voel om herhaaldelik te probeer en te misluk. Ek weet hoe dit voel as die wêreld “teen jou” is en mens so moeg voel om aan te hou om te probeer. Ek hoe dit voel soos om só hard te werk, maar nooit êrens te kom nie. Ek weet hoe dit voel as mens net ophou probeer ….
Ek het ook hartseer en verlies deurgemaak (miskrame, my pa verloor, vriende), ek het finansiële woelinge deurgemaak, ons het ons huis verloor en daar was tye wat ons glad nie ons rekeninge kon betaal nie. Ek het die hartseer van verwerping, verraad en erge teleurstelling deurgemaak. Ek weet hoe voel om in ‘n diep depressie vasgevang te wees.
Maar ek het soortgelyke stories ook elke dag in my kantoor as kliniese sielkundige gehoor. Mense wat sukkel om uit die gat te kom, te moeg om te probeer. Mense wat soveel teleurstellings, terugslae en hartseer deurgemaak het.
Maar toe ek dieper kyk, kon ek ook sien dat ek, op dieselfde tyd dat slegte dinge gebeur, ook groot dinge kon regkry! Ek kon ‘n PhD as enkelma met ‘n voltydse werk suksesvol voltooi. Ek kon ‘n suksesvolle praktyk bou en handhaaf. Ek het ‘n tweede onderneming begin. Ek het my depressie en woede oorkom en baie wonde genees. Hoe is dit moontlik?!
En dit was dieselfde vir meeste van my pasiënte en kliënte. Soveel slegte dinge, maar tog ook soveel prestasies. Hoe het ek dit gedoen? Hoe doen hulle dit? Hoe kan ek jare lank gedissiplineerd wees en fokus op my studies, praktyk en ‘n onderneming, maar terselfdertyd is my gesondheid ‘n warboel, en kan ek nie gewig verloor nie. Hoe kan ek so hard aan sommige dinge werk, maar ander dinge lyk vir my onmoontlik?
Ek het dieselfde verskil met my kliënte opgemerk. Sommige was ongelooflik slim en hardwerkend, maar kon terselftertyd nie eenvoudige take voltooi wat hul lewe kon verbeter het nie.
En hier is wat ek toe gedoen het …
Ek het weer ‘n wetenskaplike geword en al my grootste prestasies bekyk. Hoe het ek dit gedoen?
Ek het ook na my kliënte se stories gekyk, en baie vrae gevra oor húl prestasies sowel as die areas waarin hul vasgevang gevoel het!
Ek het baie gelees, navorsing gedoen en gekyk na die terapeutiese tegnieke wat ek en ander sielkundiges gebruik om mense uit die gat uit te laat kom.
Dit is wat ek ontdek het:
Daar was inderdaad ‘n basiese stelsel wat ek tydens my werk en studies gebruik het, wat ek nie op my gesondheidsreis gebruik het nie! A Ha !!!!!!!
Ek het dit was ek geleer het toegepas in my terapie met mense, en ek het die volgende agtergekom:
Ek het al hierdie kennis in ‘n maklike 7-stap proses ingebou. Wel gedaan, Elizma! Ek wéet dit het gewerk vir die dinge wat ek reeds bereik het, maar sou dit kon werk vir die gebiede waarop ek heeltemal vasgehaak het? Ek bedoel sou dit werk vir die areas waar ek gedink het verandering onmoontlik was? Ter inligting, ek het lankal begin glo dat gewigsverlies en ‘n gesonde lewe nie vir my beskore was nie. Ek het ook jare lank gedroom om ‘n aanlyn kursus te skep, maar ek kon dit nooit regkry nie…
Die uitkoms?
Wel, ek kon die aanlynkursus uiteindelik voltooi! Jy kyk nou daarna!!!
En ek het reeds 20 kg (44 pond) verloor terwyl ek in 20 jaar nie gewig kon verloor het nie!
Hierdie sisteem werk regtig!!!!
Daarom,
Het ek ‘n unieke program ontwikkel wat gebaseer was op alles wat ek geleer en getoets het. In hierdie program sal ek jou die presiese stappe leer wat jy ook kan gebruik om uit die gat uit te kom en ‘n lewe te lei waarop jy trots kan wees!
Die beste van alles? Jy hoef nie pynlike ure te spandeer om hierdie vir jouself uit te werk nie. Ek het dit klaar vir jou gedoen!
“Kom uit die gat uit! ‘n Volledige 7 stap-sisteem om minder vasgevang te wees en ‘n beter lewe te kan lei!”
Hoekom moet jy ‘n beproefde sisteem gebruik?
Rede 1: nie meer tyd wat gemors word op probeer en tref nie!
Rede 2: Minder stres. Ek sal jou stap vir stap neem deur alles wat jy nodig het om te weet!
Rede 3: Minder frustrasie. Geen webtuistes en videos met inligting wat nie ooreenstem nie. Ek weet wat werk, so ons gaan dit regtig eenvoudig maak vir jou!
En nou het jy drie opsies:
Opsie 1: Doen niks nie. Natuurlik gaan hierdie keuse vir jou geen resultate bring nie.
Opsie 2: Probeer en trek. Natuurlik kan jy op die internet gaan en die doen-dit-jouself roete volg. Maar hoeveel ty den geld sal dit jou nie kos nie? Daar is ‘n makliker en vinniger manier.
Opsie 3: Jy kan die beproefde 7-stap sisteem gebruik om uit die gat te kom en ‘n beter lewe te kan lei- nou dadelik! Vergeet daarvan om tyd te mors op dinge wat net nie werk nie. Ek het klaar al die harde werk gedoen om hierdie dinge vir jou uit te werk en te toets!
Wie is ek? Weet ek ooit waarvan ek praat?
Dit is ek; Dr Elizma van der Smit. Ek beskik oor die volgende grade: B.A., B.A. Honns., M.A. Kliniese Psigologie. (PU vir CHO – alles cum laude), M.Phil PPL (RAU), PhD (NWU).
Behalwe vir my formele grade, het ek nooit ophou leer nie en doen steeds elke dag van my lewe!
Ek was ‘n militêre sielkundige vir 8 jaar, maar is reeds nou al 14 jaar in ‘n privaatpraktyk. Ek het teen die tyd al letterlik duisende kliënte gesien!
Om mense te help is my passie en my roeping. Was altyd so en sal altyd so wees!
Ek het verskeie artikels geskryf en voorgekom in die volgende:
Wat mense oor my sê:
“Ek het aan uitbranding gely en was ook gediagnoseer met Bipolêre depressie. Ek was gelukkig om Dr Elizma van der Smit te ontmoet. Sy het my stap vir stap gehelp om myself te aanvaar en om my lewenspad asook my betekenis in die lewe te ontdek. Sy beskik oor empatie, humor en algemene wysheid. My lewe sou dalk ‘n hele ander rigting ingeslaan het as my pad nie met hare gekruis het nie. Ek voel geseënd om haar as my sielkundige te hê” – Hester Koen 2021
“Die eerste keer wat ek ‘n sielkundige gesoek het was in 2012, ek het op die internet gesoek vir iemand wat voldoende gekwalifiseerd was; en wie ek kon vertrou en ‘n konneksie mee bou. Ek het Elizma se webtuiste gekry en besluit om met haar saam te werk. 9 Jaar later is sy steeds my terapeut en ek kan haar in drie woorde beskryf” omgeemens, betroubaar en “relatable” oftewel iemand met wie ek maklik ‘n band kon bou. Sy help en lei my om te groei, te leer en daar is altyd ‘n veilige spasie waar diep emosies bespreek en ondersoek kan word” – Elzuette van Wyk 2021
Dr Elizma is ‘n plesier om mee saam te werk. Sy is altyd gereed om te help en is ‘n skouer om op te leun. Sy het ‘n manier om my altyd te verseker dat “I got it”! – Dr Bongi Nkhahle 2021
Sodra jy die kursus koop, sal jy onmiddellike toegang (deur ‘n gebruikersnaam en wagwoord) vekry tot die totale aanlyn kursus.
Jy sal dadelik toegan kry tot 7 video-lesse.
Wat jy gaan leer is die volgende:
Stap 1: | Vind uit wat dit is wat jou terughou van die fantastiese lewe waarvan jy nog altyd gedroom het. Hoekom is JY vasgevang? Identifiseer jou eie spook! |
Stap 2: | Die geheim is uit! Vind uit die werklike waarheid van waarom jy vasgevang is. 3 redes hoekom jy vasgevang voel. Wat is jou eie werklike rede hoekom jy vasgevang is? |
Stap 3: | Stop dit om jouself te saboteur! Die effek van die verlede en onbewuste patrone. Hoe saboteur ek myself? Wat is die onbewuste patrone wat my blokkeer? |
Stap 4: | Identifiseer die doelwitte wat jou lewe weer sal geur en inkleur! Hoekom is doelwitte belangrik? Is dit ‘n doelwit of ‘n wens? Wat is ek bereid om te doen om te begin verander? Is jou doelwit binne jou beheer? Verdeel jou doelwit in klein stappe met ‘n tyd aan gekoppel. |
Stap 5: | Vind you “hoekom” wat al hierdie dinge makliker sal maak! Wat is jou “hoekom?” Wie wil jy regtig wees? Is jou doelwitte in lyn met wat jy glo? |
Stap 6: | Stel jou self op vir sukses deur ‘n baie maklike 24-uur plan! Jy moet jou doelwitte neerskryf! Hoe om sukses te visualiseer. Maak ‘n 24-uur plan soos MacGyver |
Stap 7: | Hoe om gefokus te bly en nie van die wa af te val nie! Die waarheid omtrent mislukking (ja, dit gaan gebeur!) 7 Stappe om jouself aan die gang te hou! Hoe om jou negatiewe gedagtes weg te stuur Wat maak ek met my negatiewe emosies? |
Let daarop dat jy alle inligting gelyktydig sal ontvang en dat jy op jou eie tyd deur die kursus kan werk. Jy het ook lewenslange toegang tot die inligting, sowel as toegang tot enige opdaterings wat mettertyd gemaak sal word. Die inligting gaan nooit verdwyn nie! Dit is vir altyd joune!